Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » siekte
siekte [boodskap #129037] Vr, 03 Januarie 2020 18:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
siekte
Afbreking: siek•te
Uitspraak: /ˈsiktə/


Selfstandige naamwoord: siekte
Meervoud: siektes
Verkleinwoord: siektetjie
Meervoud van verkleining: siektetjies

Betekenis:
• 'n Pyn, skeet of kwaal wat veroorsaak dat iemand nie lekker voel nie; gesondheidsprobleem of ongesteldheid.

Gebruik:
• Sy is as gevolg van siekte van die werk af afwesig.

Spreekwoord:
Siekte kom te perd, dog vertrek te voet. [n Mens word gouer siek as gesond.]
• As lelik 'n siekte was, was iemand lankal dood. [Iemand is baie lelik.]

Afgelei:
• brandsiekte
• fungussiekte
• karsiekte
• perdesiekte
• seesiekte
• senusiekte
• siektebeskrywing
• siektedraer
• siektefonds
• siektegeskiedenis
• siektegeval
• siektekiem
• siekteoorsaak
• siektetoestand
• siekteverloop
• siekteversekering
• siekteverwekker
• siektevry
• skoolsiekte

Vertaling:
Engels: illness, sickness, disease, ailment
Nederlands: ziekte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sersant
Volgende onderwerp: siel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:30:56 MGT 2024