Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ants & grasshoppers
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11878] |
Do, 18 Desember 1997 00:00 |
FanTim[2]
Boodskappe: 14 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina,
Die ANC het nou 3 jaar lank gehad om die land te "reform". As die land dan
so pateties is soos wat jy se, wat het hulle die afgelope 3 jaar gedoen? Is
dit nog steeds die wit man se skuld dat die swartman nie 'n positiewe
invloed(never mind sukses kon maak) op die land kan he nie? Ek het regtig
waar genoeg gehad van "julle wit afrikaner varke is so sleg en so sleg en
julle moet die swart bevolking van die land HELP". Nee fokkit. Wat verwag
jy dan nou van ons? As ons dan so moet help het jy ook mos 'n plig hier,
nie waar nie? Jy het dan in die land van melk en heunig groot geword. Jy
het baat gevind onder die apartheids era. So se nou gou vir ons, in woorde
van 2 of minder lettergrepe(dis mos al wat ons ou afrikanertjies verstaan)
wat dink JY moet ons doen? hmmmmmmm?
FanTim
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11880 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Vr, 19 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"FanTim" writes:
>
> Die ANC het nou 3 jaar lank gehad om die land te "reform". As die land dan
> so pateties is soos wat jy se, wat het hulle die afgelope 3 jaar gedoen? Is
> dit nog steeds die wit man se skuld dat die swartman nie 'n positiewe
> invloed(never mind sukses kon maak) op die land kan he nie? Ek het regtig
> waar genoeg gehad van "julle wit afrikaner varke is so sleg en so sleg en
> julle moet die swart bevolking van die land HELP". Nee fokkit. Wat verwag
> jy dan nou van ons? As ons dan so moet help het jy ook mos 'n plig hier,
> nie waar nie? Jy het dan in die land van melk en heunig groot geword. Jy
> het baat gevind onder die apartheids era. So se nou gou vir ons, in woorde
> van 2 of minder lettergrepe(dis mos al wat ons ou afrikanertjies verstaan)
> wat dink JY moet ons doen? hmmmmmmm?
>
> FanTim
>
>
Fantim,
Die Nasionale Party (die ou een, die een vol
van daardie tipe witmense wat net hulself wou
bevoordeel instede van om te dink oor wat die
toekoms kan bring) het my mooi land so sleg
regeer en tot ekonomiese val gebring, dat ek
hulle seker nooit werklik sal kan vergewe nie.
Nou verwag jy dat die ANC in drie jaar alles
reg moet doen, die land soos in 'n feeverhaal
reg regeer. Word groot. Selfs in Kanada is nie
baie mense so gelukkig oor hoe hulle regeer
word nie.
Ek kan vir jou baie stories vertel van wat
gedurende die Nasionale Party se bewind gebeur
het, wat jou hare regop sal laat staan. Een
ou wat vir sy seun moontlik gemaak het om 'n
miljoener te word deur "posters" aan skole
te beloof (om Bantoe-Onderwys in die beste
lig voor te stel) en dit toe nooit afgelewer
het nie. Gelukkig is hulle gevang nog in die
ou bedeling. En nou die dag kyk en na 'n
Emmy-gekroonde dokumentere film oor hoe
Afrikaners teen mekaar gewerk het, die een in
die Ciskei se geheime diens, die ander een
in die sentrale regering se geheime diens.
Sies, dit maak my so naar. En ek het altyd
gedink ons Afrikaners het class. Ek sê nou
vir jou in woorde van een sillabe: Hou jou
bek as jy 'n Afrikaner is - daar is 'n balk
in die Afrikaner se oog. Miskien sal ons nooit
die smet kan verloor wat die apartheidsvarke
op ons goeie naam gelaai het nie.
En nee: ek het nie in 'n land van melk en
heuning grootgeword nie. Net sommige van die
witmense het die melk en die heuning gekry.
Die res van my volksgenote het in die uiterste
ellende gelewe vir baie lank. Goddank, kan
hulle nou maak wat hulle wil in hulle eie
land.
Gloudina
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11889 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
So, 21 Desember 1997 00:00 |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, hoe kry jy dan in jou drif dinge so verkeerd?
Die sprinkane is die swartes en die miere die wittes.
En ek het nog nooit 'n sprinkaan sien werk nie!
Johan
> Here is the true South African version.For three
> hundred years the grasshoppers (invading from
> Europe) fiddled while they made a legion of ants
> work for them. Eventually the ants rebelled. They
> are still doing most of the work.
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11890 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
So, 21 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Johan" writes: > Gloudina, hoe kry jy dan in jou drif dinge so verkeerd?
> Die sprinkane is die swartes en die miere die wittes.
> En ek het nog nooit 'n sprinkaan sien werk nie!
> Johan
>
>> Here is the true South African version.For three
>> hundred years the grasshoppers (invading from
>> Europe) fiddled while they made a legion of ants
>> work for them. Eventually the ants rebelled. They
>> are still doing most of the work.
>
Nee Johan, ek het die oorspronklike ou se
bedoeling goed verstaan. En ek sê nog:die
werkers al die jare was die swart miere, en
die wit sprinkane het gesit en viool speel
terwyl Rome brand. En nou is hulle soo
verbaas dat dinge verander het. Hulle het
niks gedoen, soos goeie miere, om dinge vir
die winter weg te sit nie. As hulle tog maar
gewerk het vir 'n regverdige maatskappy, waar
al die inwoners van SA 'n plek in die son
gehad het, dan was daar nie nou die situasie
waaroor julle so sanik nie. Gaan bedank vir
jou pa en ma se geslag vir die "geskenk" wat
hulle aan jou gegee het vir die einde van die
eeu.
Gloudina
|
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11900 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Ma, 22 Desember 1997 00:00 |
f...
Boodskappe: 18 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article writes:
> Fantim,
> Die Nasionale Party (die ou een, die een vol
> van daardie tipe witmense wat net hulself wou
> bevoordeel instede van om te dink oor wat die
> toekoms kan bring) het my mooi land so sleg
> regeer en tot ekonomiese val gebring, dat ek
> hulle seker nooit werklik sal kan vergewe nie.
> Nou verwag jy dat die ANC in drie jaar alles
> reg moet doen, . Ek sê nou
> vir jou in woorde van een sillabe: Hou jou
> bek as jy 'n Afrikaner is - daar is 'n balk
> in die Afrikaner se oog. Miskien sal ons nooit
> die smet kan verloor wat die apartheidsvarke
> op ons goeie naam gelaai het nie.
>
> Die res van my volksgenote het in die uiterste
> ellende gelewe vir baie lank. Goddank, kan
> hulle nou maak wat hulle wil in hulle eie
> land.
> Gloudina
Gloudina, ek is 'n Afrikaner en ek kan nie langer my bek hou as sulke
selfheilige mense soos jy met een oog op 'n mishoop sit en oordele braak nie.
1) FEIT: Onder die apartheids-regime was die Baragwanath-hospitaal een van
die beste hospitale in Afrika. Vandag is hulle skaars in staat om basiese
mediese diens te lewer.
Gesondheidsdienste is besig om ineen te stort in ANC-SA.
2) FEIT: Hekwagte van die ou SAP is vandag skofbevelvoerders. Moet nou asb
nie 'n gesang aanhef van hoe hy uiteindelik gekry het wat hom toekom nie, die
man kan steeds net "yes" se en jou uitdrukkingloos aanstaar, dis hoekom hy
aanvanklik net 'n hekwag was.
Blanke Afrikaner seuns van die SAPD is gebruik om orde in onlusgebiede aan die
Oos-Rand te handhaaf. Hulle is braaf genoeg om te voet patrollie te doen in
sulke gebiede terwyl jou volksgenote met groot wit oe" in die Caspirs bly sit.
Wet en orde is besig om in duie te stort want ANC-SA is gedurig besig om, soos
jy, regverdiging vir elke misdadiger te soek.
3) FEIT: Niemand wil vandag meer 'n mikrobus in SA koop nie
want jy word doodgeskiet en jou bus eenvoudig net gevat, vra enige persoon
BINNE SA wat hier probeer om sy/haar mikrobus te verkoop.
JOU volksgenote hou kongres op Mafikeng, hulle leiers moet hulle ernstig
aanspreek om gehoorapparate en beddegoed nie weg te dra nie. (Het nie gehelp
nie)
Ek was sopas by 'n kongres waar ongeveer 1000 van MY volksgenote was, daar
het nie 'n enkele ding weggeraak nie.
Jou volksgenote het geen respek vir iemand anders se eiendom nie.
4) FEIT: 'n Blanke Afrikaanse meisie wat by 'n veiligheidsmaatskappy werk,
word met ontslag gedreig omdat sy nagelaat het om die ANC-skakelbeampte ook in
te lig oor 'n voorval.
Die Afrikaanse meisie se swart eweknie slaap aan diens met die gevolg dat ten
spyte van TWAALF alarms wat afgaan, drie plekke beroof word. Dieselfde dame
vererg haar en stap uit die dissiplinere verhoor. Sy het tot vandag toe nog
nie eers 'n waarskuwing ontvang nie.
Geen swarte mag oor iets aangespreek word nie, dan word die rassisme-perdjie
dadelik opgesaal.
5) FEIT: Ek is een van die Suid-Afrikaners wat destyds JA gestem het vir 'n
regverdige SA. Ek het met my hart geglo dat dinge reggestel moet word en dat
ons SAAM moet vorentoe. Wat het ek daarvoor gekry? Jy en jou volksgenote glo
julle het 'n "oorwinning" behaal en "nou maak hulle wat hulle wil in hulle eie
land." (Jou woorde)
In SA beteken "demokrasie" dat die ANC hulle sin moes kry, enigiets anders is
"rassisties".
Ek kan vir bladsye en bladsye aangaan en dinge opnoem wat ek sien, dinge wat
my direk raak, FEITE wat ek self waarneem.
Ek en my gesin het besluit om hier in SA te bly en sake om ons te probeer
regstel. Jy en jou mense het besluit om weg te hardloop en van ver vir ons
instruksies te skree hoe om te swem. Wil jy nie maar stilbly en jou aandag by
Kanada bepaal nie? Dis mos waar jy verkies het dat jou heil sal le^.
Ek sien dat jy kort-kort dweperig en stroperig Afrikaanse gedigte vir ons
publiseer. Dalk het jy vergeet, dis die taal van die Afrikaner, dieselfde
mense vir wie jy slegs veragting koester. Jy behoort eintlik Franse en
Engelse gedigte aan die Kanadese voor te dra. Los ons pragtige taal uit, jy
het geen bydrae om te maak nie. Bepaal jou by jou nuwe vaderland waar niemand
balke in hulle oe" het nie.
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11908 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Di, 23 Desember 1997 00:00 |
Key Bored
Boodskappe: 84 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"FanTim" wrote:
> Can ypu please give an example of how I(and millions like me) enriched
> myself at the cost of other south africans?
Is jy seker jy wil net een he^? Have you got all day?.... 8-)
Maar eintlik dink ek nie jy stel werklik belang nie. 'K sou gedink
het dat as jy maar net rondkyk jy voorbeelde genoeg sou he. Punt is,
ons samelewing is, selfs volgens so 'n klomp bleeding heart lefties
soos die Wereldbank 8-) die mees ongelyke samelewing op aarde.
Daardie ongelykheid is nie regverdigbaar in terme van wasige argumente
oor ongelyke produktiwiteit nie - sulke argumente sal in elk geval op
rassistiese veralgemenings moet berus.
As jy sulke basiese en eenvoudige waarhede op hierdie manier moet
bevraagteken, dink ek nie dis my moeite werd om vir jou een voorbeeld
- of tien - te gee nie. Judging by your posts is jy een van hierdie
mense wat hierdie NG gebruik, nie om werklik te argumenteer nie, maar
om jou ideologiese tamboertjie te slaan. Jy sal maar net op
allerhande maniere probeer om tog maar die laaste woord te he. Waarom
dink jy my handle op hierdie NG is Key Bored?
Ek vind dit interessant, by the way, dat jou reaksie op my argument,
wat in algemene terme gestel is, is om jouself in die beskuldigdeboks
te sit ("I and millions like me"). Wat my betref, as dit oor persone
gaan kan ek net praat van myself en ander van wie ek iets weet. Nou
ja, as die skoen jou pas is dit jou saak.
Anyway, , kom ons vat 'n maklike een - plaasarbeid. White
farmers in SA have pursued an approach - and lobbied for policies -
that have kept farm labour cheap, servile, dependent and expendable.
Sedert die jare 60 het hulle en die regering makro-ekonomiese en
landbou beleid so gesruktureer dat soveel plaasarbeid as moontlik deur
masjienerie vervang word. Hierdie vervanging was nie streng
mikro-ekonomies regverdigbaar nie - in baie gevalle was die
resulterende groot gemeganiseerde plase minder effektief (maw minder
lewensgeleenthede per hektaar, kleiner opbrengs per hektaar ens) as
tevore. Die vervanging van arbeid deur masjienerie was alleen maar
beleid om die sg "verswarting van die platteland" teen te werk.
Die verswarting van die platteland - wat 'n wonderlike idee. Mens
wonder amper watter kleur die platteland in die eerste plek was.
Baie van die "arbeiders" op "blanke" plase was lank voor die blanke
boer daar... Maar in terme van die nuwe beleid was miljoene swart
mense van die land af gestoot en in dumping grounds soos Qwa Qwa
gelos.
VWat oorbelewene plaaswerkers aanbetref, het die georganiseerde
landbou probeer om hulle so ver as moontlik buite die beskerming van
die wet te hou. Sedert die einde van slawerny c 1834 het boere
probeer om enige poging om plaaswerkers meer as die mees basiese
lewensregte toe te ken, te kortwiek. Die Heer en Diensbodewette het
van die middel van die 19de eeu 'n onderskeid tussen stedelike en
plaasarbeid gemaak wat eers in 1993, met die inwerkingtreding van die
nuwe Wet op Basiese Diensvoorwaardes tot niet gemaak is. Plaasarbeid
is steeds een van die swaks bestaalde sektore van ons ekonomie, en
swart mense se omstandighede op die groot meerderheid "blanke" plase
is haglik, gekenmerk deur swak behuising, gevaarlike
arbeidsomstandighede, geweld edm
In die tussentyd het die regering 'n hele stel instellings op die been
gebring wat spesifiek daarop gemik is om blanke landbou te dien, en
wat gediskrimineer het teen swart landbou.
Die resultaat - teen die jare 90 besit 60 000 blanke boere 12 keer
soveel grond as die 14 miljoen landelike armes.
En dis maar net een voorbeeld van die punt wat ek gemaak het.
Anneries
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11909 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Di, 23 Desember 1997 00:00 |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As die wit sprinkane nie die werk geskep het nie, sou die miere ook maar
verniet in chaos rondgeloop en honger kry het. Kyk na Afrika waar die
sprinkane uitgeskop is, al te lank gelede - bou die miere iets op? Kom kyk
hier in Amerika - die miere is al meer as honderd jaar vry van
onderdrukking, maar sit nog op 'n hopie en kla en vra dat ander welsyn na
hulle toe moet aandra.
> Hulle het
> niks gedoen, soos goeie miere, om dinge vir
> die winter weg te sit nie. As hulle tog maar
> gewerk het vir 'n regverdige maatskappy, waar
> al die inwoners van SA 'n plek in die son
> gehad het, dan was daar nie nou die situasie
> waaroor julle so sanik nie. Gaan bedank vir
> jou pa en ma se geslag vir die "geskenk" wat
> hulle aan jou gegee het vir die einde van die
> eeu.
>
> Gloudina
>
My ouers het my gelykheid sonder velkleur geleer, maar die verdwyning van
apartheid het ongelukkig baie meer kontak tussen mense tot gevolg gehad en
my oë het oopgegaan! Mens hoef nie te redeneer nie, slim praatjies te maak
nie, kyk net om jou en luister na die mense.
Luister na die swart miere, dan, as jy hulle dié kleur wil gee, luister wat
hulle sê hoe tevrede is hulle met die nuwe bedeling wat dan nou "so gelyk
is".
Jy klink so of jy 'n oordrewe skuldgevoel namens jou eie ouers ronddra!?
Johan
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11910 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Di, 23 Desember 1997 00:00 |
FanTim[2]
Boodskappe: 14 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Key Bored wrote in message Is jy seker jy wil net een he^? Have
you got all day?.... 8-)
>
> Maar eintlik dink ek nie jy stel werklik belang nie. 'K sou gedink
> het dat as jy maar net rondkyk jy voorbeelde genoeg sou he. Punt is,
> ons samelewing is, selfs volgens so 'n klomp bleeding heart lefties
> soos die Wereldbank 8-) die mees ongelyke samelewing op aarde.
> Daardie ongelykheid is nie regverdigbaar in terme van wasige argumente
> oor ongelyke produktiwiteit nie - sulke argumente sal in elk geval op
> rassistiese veralgemenings moet berus.
>
Anneries(Andries?)
Ek sal met jou moet saamstem oor die ongelykheid. Die probleem is, ons moet
hierdie situasie oplos. En volgens wat ek hoor van die regering se kant af,
sal dit opgelos word deur 'n ander soort ongelykheid te skep. 'n "Reverse"
apartheid soos sommiges dit noem. Ek het geen probleem daarmee om anders
kleuriges in top posisies te sien of om op 'n alledaagse manier met anders
kleuriges saam te werk nie. Die probleem is dat van die met wie ek
saamgewerk het, slegs +-30% regtig die werk kon doen. So ons skep net 'n
groter probleem om links en regs poste aan te bied aan mense wat nie
gekwalifiseerd is nie. Kyk maar wat in die regering aan die gang is.
Konsultante links en regs om die regering te "help".
> As jy sulke basiese en eenvoudige waarhede op hierdie manier moet
> bevraagteken, dink ek nie dis my moeite werd om vir jou een voorbeeld
> - of tien - te gee nie. Judging by your posts is jy een van hierdie
> mense wat hierdie NG gebruik, nie om werklik te argumenteer nie, maar
> om jou ideologiese tamboertjie te slaan.
Hmmmm. Jy is miskien reg, maar ek dink nie so nie. Ek het geen sterk
ideologiese sieninge nie. My siening is dat ek die beste vir myself wil he,
sover as wat ek dit moontlik kan bekostig. As my buurman net 'n VW Golf kan
bekostig en ek ry 'n BMW, moet ek my BMW verkoop, 'n Toyota koop en hom 'n
paar rand gee sodat hy ook 'n Toyota kan koop?
> Jy sal maar net op
> allerhande maniere probeer om tog maar die laaste woord te he.
Nee wat, ek probeer nie altyd die laaste woord in te kry nie, maar as ek
nie met jou saamstem nie, dan sal ek so se.
Waarom
> dink jy my handle op hierdie NG is Key Bored?
>
> Ek vind dit interessant, by the way, dat jou reaksie op my argument,
> wat in algemene terme gestel is, is om jouself in die beskuldigdeboks
> te sit ("I and millions like me").
My terme was ook algemeen dws Ek het bedoel die Blanke Afrikaner bevolking.
Wat my betref, as dit oor persone
> gaan kan ek net praat van myself en ander van wie ek iets weet. Nou
> ja, as die skoen jou pas is dit jou saak.
>
> Anyway, , kom ons vat 'n maklike een - plaasarbeid. White
> farmers in SA have pursued an approach - and lobbied for policies -
> that have kept farm labour cheap, servile, dependent and expendable.
Ja ek stem saam met jou hier. Die probleem is wel dat ek geen aandeel
hierin gehad het nie. Ek weet dat baie mense sal se dat indirek deel gehad
het omdat ek plaas produkte goedkoper kon kry as wat ek sou as boere hulle
werkers meer betaal het end minder gemeganiseer het. Wel, volgens my is dit
'n pot snot. Ja ek het goed groot geword in Suid Afrika, dit is nou maar 'n
feit. Maar om nou apartheid en derglike probleme voor my(algemene term -
jong blanke suid afrikaners) deur te kom le is 'n bietjie vergesog.
Groete
Neels aka FanTim
NB. Geseende Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar aan julle almal.
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11911 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Di, 23 Desember 1997 00:00 |
Edwin
Boodskappe: 16 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
f...@ccnet.up.ac.za wrote in article ...
> Jy behoort eintlik Franse en Engelse gedigte aan die Kanadese voor
> te dra. Los ons pragtige taal uit, jy het geen bydrae om te maak nie.
Wie is jý, dat die taal net aan jou en jou eng groepie behoort. Dit is juis
daardie houding wat aan Afrikaans so 'n groot skade berokken het gedurende
hierdie eeu.
Afrikaans is die taal van almal wat dit praat, of daardie persoon nou in
die volkstaat woon of op die Noord Pool, of daardie persoon swart is of
wit, of daardie persoon 'n kommunis is of 'n neo-nazi, of daardie persoon
'n Christen, 'n Moslem of 'n ateïs is, of daardie persoon met jou saamstem
of verskil.
Afrikaans het selfs ruimte vir "soetsappige gedigte" en (ongelukkig) ook
vir kru taal.
So, wense vir 'n besondere geseënde Kersfees aan ALMAL wat hierdie boodskap
kan verstaan, wie jy ook al is, en waar in die wêreld jy ook al mag woon.
Groetnis
Edwin
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11924 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Wo, 24 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
> Fantim,
> Die Nasionale Party (die ou een, die een vol
> van daardie tipe witmense wat net hulself wou
> bevoordeel instede van om te dink oor wat die
> toekoms kan bring)
Hmmm.... By die afgelope ANC kongress is na sulke mense verwys as
"careerists". Dit blyk dat die kongress besorgd is oor die aantal sulke
mense wat daar in die ANC is.
> het my mooi land so sleg
> regeer en tot ekonomiese val gebring, dat ek
> hulle seker nooit werklik sal kan vergewe nie.
Wel, waar dit 'n "ekonomiese val" aangaan (dis nou met sanksies en so aan),
het hulle uitstekende hulp gehad van die mense wat die huidige regering
vorm - of liewer, so wil die ondersteuners van die huidige regering ons laat
glo. Dat hulle nie aan bewind sou kom as dit nie was vir die "ekonomiese
val" wat hulle teweeg gebring het nie.
> Nou verwag jy dat die ANC in drie jaar alles
> reg moet doen, die land soos in 'n feeverhaal
> reg regeer. Word groot. Selfs in Kanada is nie
> baie mense so gelukkig oor hoe hulle regeer
> word nie.
Ek hoop dat daar in Kanada aanvaar word dat sulke mense hul ongelukkigheid
mag uitspreek?
> Ek kan vir jou baie stories vertel van wat
> gedurende die Nasionale Party se bewind gebeur
> het, wat jou hare regop sal laat staan. Een
> ou wat vir sy seun moontlik gemaak het om 'n
> miljoener te word deur "posters" aan skole
> te beloof (om Bantoe-Onderwys in die beste
> lig voor te stel) en dit toe nooit afgelewer
> het nie. Gelukkig is hulle gevang nog in die
> ou bedeling.
Hmmm.... Sou dit dalk beteken dat "die ou bedeling" nie hul optrede
goedgekeur het nie?
> En nou die dag kyk en na 'n
> Emmy-gekroonde dokumentere film oor hoe
> Afrikaners teen mekaar gewerk het, die een in
> die Ciskei se geheime diens, die ander een
> in die sentrale regering se geheime diens.
> Sies, dit maak my so naar. En ek het altyd
> gedink ons Afrikaners het class. Ek sê nou
> vir jou in woorde van een sillabe: Hou jou
> bek as jy 'n Afrikaner is - daar is 'n balk
> in die Afrikaner se oog.
Ek sien. As jy Afrikaner is, moet mens jou bek hou. Het julle in Kanada ook
sulke klasse mense wat hul bek moet hou bloot omdat hulle aan die bepaalde
klas behoort?
> Miskien sal ons nooit
> die smet kan verloor wat die apartheidsvarke
> op ons goeie naam gelaai het nie.
Nie as dit van jou afhang nie, nie waar nie? Jy sal daarvoor sorg dat
hoofsaaklik die smetterigheid aan die groot klok gehang word.
> En nee: ek het nie in 'n land van melk en
> heuning grootgeword nie. Net sommige van die
> witmense het die melk en die heuning gekry.
> Die res van my volksgenote het in die uiterste
> ellende gelewe vir baie lank. Goddank, kan
> hulle nou maak wat hulle wil in hulle eie
> land.
En jy, Gloudina, en jou familie. Het julle melk en heuning gekry, of
uiterste ellende?
Mag jy melk en heuning hê vir Kersfees.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11925 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Wo, 24 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
f...@ccnet.up.ac.za writes: >
>
> Gloudina, ek is 'n Afrikaner en ek kan nie langer my bek hou as sulke
> selfheilige mense soos jy met een oog op 'n mishoop sit en oordele braak nie.
> 1) FEIT: Onder die apartheids-regime was die Baragwanath-hospitaal een van
> die beste hospitale in Afrika. Vandag is hulle skaars in staat om basiese
> mediese diens te lewer.
> Gesondheidsdienste is besig om ineen te stort in ANC-SA.
Ons gesondheidsdienste hier in Ontario is ook,
volgens sommige mense, besig om in een te stort.
Miskien was SA nog maar altyd 'n derde wereld,
behalwe binne die ou wit laertjie. Nou sien jy
die wereld soos hy is. Te min geld vir te veel
mense.
Ek is moeg van die veralgemenings. Vir elke massiewe
ANC-flater in die nuwe SA, kan 'n mens aan meer as een
dink in die ou SA.So hou op met kla en trek Kaapstad
toe waar daar nog 'n NP regering aan bewind is.Of na
KWZ-Natal.
Gloudina
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11926 is 'n antwoord op boodskap #11878] |
Wo, 24 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Key Bored heeft geschreven in bericht ...
> "FanTim" wrote:
>
>> Can ypu please give an example of how I(and millions like me) enriched
>> myself at the cost of other south africans?
>
> Is jy seker jy wil net een he^? Have you got all day?.... 8-)
>
> Maar eintlik dink ek nie jy stel werklik belang nie. 'K sou gedink
> het dat as jy maar net rondkyk jy voorbeelde genoeg sou he.
OK, help my. Noem 'n paar voorbeelde.
> Punt is,
> ons samelewing is, selfs volgens so 'n klomp bleeding heart lefties
> soos die Wereldbank 8-) die mees ongelyke samelewing op aarde.
Hoe bereken hulle "ongelykheid"?
> Daardie ongelykheid is nie regverdigbaar in terme van wasige argumente
> oor ongelyke produktiwiteit nie - sulke argumente sal in elk geval op
> rassistiese veralgemenings moet berus.
Nou waaraan sou jy die ongelykheid toeskryf?
>
> As jy sulke basiese en eenvoudige waarhede op hierdie manier moet
> bevraagteken, dink ek nie dis my moeite werd om vir jou een voorbeeld
> - of tien - te gee nie.
Ah. Nou is daar dinge wat nie bevraagteken mag word nie? Ek dag dis die
soort ding wat ons in die ou bedeling agtergelaat het?
> Judging by your posts is jy een van hierdie
> mense wat hierdie NG gebruik, nie om werklik te argumenteer nie, maar
> om jou ideologiese tamboertjie te slaan. Jy sal maar net op
> allerhande maniere probeer om tog maar die laaste woord te he. Waarom
> dink jy my handle op hierdie NG is Key Bored?
Hmmm... Ja. Ek het 'n paar idees daaroor.
>
> Ek vind dit interessant, by the way, dat jou reaksie op my argument,
> wat in algemene terme gestel is, is om jouself in die beskuldigdeboks
> te sit ("I and millions like me"). Wat my betref, as dit oor persone
> gaan kan ek net praat van myself en ander van wie ek iets weet. Nou
> ja, as die skoen jou pas is dit jou saak.
>
> Anyway, , kom ons vat 'n maklike een - plaasarbeid. White
> farmers in SA have pursued an approach - and lobbied for policies -
> that have kept farm labour cheap, servile, dependent and expendable.
Dis waar. Elke tweede vakbonduitspraak in Europa en Noord-Amerika sê dat die
kapitaliste presies dieselfde ding met hulle lede doen.
> Sedert die jare 60 het hulle en die regering makro-ekonomiese en
> landbou beleid so gesruktureer dat soveel plaasarbeid as moontlik deur
> masjienerie vervang word.
Jy moet bietjie vir my verduidelik waarom hulle dit gedoen het as die arbeid
so "cheap, servile, dependent and expendable" was?
> Hierdie vervanging was nie streng
> mikro-ekonomies regverdigbaar nie - in baie gevalle was die
> resulterende groot gemeganiseerde plase minder effektief (maw minder
> lewensgeleenthede per hektaar, kleiner opbrengs per hektaar ens) as
> tevore. Die vervanging van arbeid deur masjienerie was alleen maar
> beleid om die sg "verswarting van die platteland" teen te werk.
Verduidelik asseblief. Ek verstaan nou nie die "streng mikro-ekonomie" goed
genoeg om te begryp wat jy hier sê nie.
Ek ly af dat jy bedoel dat "wittes" _meer_ geld kon gemaak het as hulle
"swart" arbeid _meer_ uitgebuit het, maar dat hulle om ander redes verkies
het om _minder_ geld te maak?
Wat ek nou nie verstaan nie, is hoe sulke optrede dien as voorbeeld van
"wittes" wat hulself ten koste van "swartes" verryk het. Ek sien dus uit na
jou verduideliking.
>
> Die verswarting van die platteland - wat 'n wonderlike idee. Mens
> wonder amper watter kleur die platteland in die eerste plek was.
> Baie van die "arbeiders" op "blanke" plase was lank voor die blanke
> boer daar...
Dis waar. Net soos die first peoples in Ontario, nie waar nie. Lyk net asof
die first peoples in Ontario swakker gevaar het - dis nou as mens kyk na
aspekte soos die relatiewe bevolkingsgroei en so aan. Of mis ek iets hier.
> Maar in terme van die nuwe beleid was miljoene swart
> mense van die land af gestoot en in dumping grounds soos Qwa Qwa
> gelos.
>
> VWat oorbelewene plaaswerkers aanbetref, het die georganiseerde
> landbou probeer om hulle so ver as moontlik buite die beskerming van
> die wet te hou. Sedert die einde van slawerny c 1834 het boere
> probeer om enige poging om plaaswerkers meer as die mees basiese
> lewensregte toe te ken, te kortwiek. Die Heer en Diensbodewette het
> van die middel van die 19de eeu 'n onderskeid tussen stedelike en
> plaasarbeid gemaak wat eers in 1993, met die inwerkingtreding van die
> nuwe Wet op Basiese Diensvoorwaardes tot niet gemaak is. Plaasarbeid
> is steeds een van die swaks bestaalde sektore van ons ekonomie,
Hoe lyk dit met die besoldiging van plaasarbeiders in ander lande - in
verhouding natuurlik, met die ander sektore van die betrokke ekonomieë? (En
reken sommer die effek van landbousubsidies in die betrokke ekonomieë in.)
en
> swart mense se omstandighede op die groot meerderheid "blanke" plase
> is haglik, gekenmerk deur swak behuising, gevaarlike
> arbeidsomstandighede, geweld edm
Is dit beter in Qwa Qwa? Of, byvoorbeeld, in Mandela village (Mamelodi)?
>
> In die tussentyd het die regering 'n hele stel instellings op die been
> gebring wat spesifiek daarop gemik is om blanke landbou te dien, en
> wat gediskrimineer het teen swart landbou.
>
> Die resultaat - teen die jare 90 besit 60 000 blanke boere 12 keer
> soveel grond as die 14 miljoen landelike armes.
Ah. En vertel bietjie. Wat is die potensiële draagkrag van die grond in die
besit van "landelike armes" vergeleke by die potensiële draagkrag van die
grond in die besit van "blanke boere"? (Dis nou m.b.t. dinge soos reënval,
beboubaarheid, ens.)
>
> En dis maar net een voorbeeld van die punt wat ek gemaak het.
Soos ek verstaan, is jou "punt" dat wittes hulle verryk het ten koste van
swartes. Maar soos ek verstaan dien jou voorbeeld eerder om te toon dat
hulle hulself nie soveel verreik het as wat hulle andersinds kon nie.
Miskien moet jy die punt meer duidelik uiteensit.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: ants & grasshoppers [boodskap #11935 is 'n antwoord op boodskap #11926] |
Vr, 26 Desember 1997 00:00 |
Key Bored
Boodskappe: 84 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum":
> Hoe bereken hulle "ongelykheid"?
Die formele term is die Gini Coefficient.
>> Daardie ongelykheid is nie regverdigbaar in terme van wasige argumente
>> oor ongelyke produktiwiteit nie - sulke argumente sal in elk geval op
>> rassistiese veralgemenings moet berus.
> Nou waaraan sou jy die ongelykheid toeskryf?
Jy het tog seker my pos gelees?
>>
>> As jy sulke basiese en eenvoudige waarhede op hierdie manier moet
>> bevraagteken, dink ek nie dis my moeite werd om vir jou een voorbeeld
>> - of tien - te gee nie.
> Ah. Nou is daar dinge wat nie bevraagteken mag word nie? Ek dag dis die
> soort ding wat ons in die ou bedeling agtergelaat het?
Ek probeer nie jou belet om enigiets te bevraagteken nie. Ek raak net
verveeld as ek hierdie soort vraagtekens moet beantwoord - want ek
dink partykeer ek mors my tyd.
Jy kan bevraagteken wat jy wil.
>> Anyway, , kom ons vat 'n maklike een - plaasarbeid. White
>> farmers in SA have pursued an approach - and lobbied for policies -
>> that have kept farm labour cheap, servile, dependent and expendable.
> Dis waar. Elke tweede vakbonduitspraak in Europa en Noord-Amerika sê dat die
> kapitaliste presies dieselfde ding met hulle lede doen.
Ja en?
>> Sedert die jare 60 het hulle en die regering makro-ekonomiese en
>> landbou beleid so gesruktureer dat soveel plaasarbeid as moontlik deur
>> masjienerie vervang word.
> Jy moet bietjie vir my verduidelik waarom hulle dit gedoen het as die arbeid
> so "cheap, servile, dependent and expendable" was?
Graag. Die besluit om te meganiseer, klas, 8-), kan natuurlik
rasioneel en sinvol wees, veral in kontekste waar arbeid duur en/of
skaars is. Die interessante ding oor die swaar meganisering van SA
landbou in die jare 60 en 70 is juis dat dit nie in hierdie terme
geregverdig kan word nie - arbeid was goedkoop en volop. Die rede vir
die meganisering van die landbou was eerder ideologies - deel van 'n
groter strategie om swartmense uit die sg. "blanke" platteland te
verwyder.
>> Hierdie vervanging was nie streng
>> mikro-ekonomies regverdigbaar nie - in baie gevalle was die
>> resulterende groot gemeganiseerde plase minder effektief (maw minder
>> lewensgeleenthede per hektaar, kleiner opbrengs per hektaar ens) as
>> tevore. Die vervanging van arbeid deur masjienerie was alleen maar
>> beleid om die sg "verswarting van die platteland" teen te werk.
> Verduidelik asseblief. Ek verstaan nou nie die "streng mikro-ekonomie" goed
> genoeg om te begryp wat jy hier sê nie.
In die korte duur was dit wel tydelik volhoubaar - solank subsidies
en markregulasie 'n kunsmatige omgewing geskep het waarin die kostes
van die beleid nie gevoel kon word nie. Toe die mark vryer word (wat
produksiepryse laat val), subsidies nie mee bekostig kan word nie(wat
onkostes laat styg het) en rentekoerse omhoog skiet, was die gort
gaar. Vandag, in die Overberg en swartland, sit duisende boere diep
in die skuld. Ons sit ook in 'n situasie waarin geweldige groot
hoeveelhede baie vrugbare grond baie oneffektief gebruik word. In die
eerste plek is gemagineerde landbou effens minder produktief as
intensiewe. In die tweede plek, omdat plase so groot is en die werk
deur masjiene gedoen word, skep dit min landelike werksgeleenthede. In
die overberg, bv, waar ons byans 'n miljoen hektaar van SA se hoogste
potensiaal landbougrond het, skep die landbou lewensgeleenthede vir
slegs 1000 boere en sowat 2000/3000 plaasarbeiders. In die derde
plek, omdat rentekoerse so hoog is, word die winste wat wel gemaak
word dadelik weer uit die landelike ekonomie gehaal, en gaan terug
ABSA en Boland Bank toe.
> Ek ly af dat jy bedoel dat "wittes" _meer_ geld kon gemaak het as hulle
> "swart" arbeid _meer_ uitgebuit het, maar dat hulle om ander redes verkies
> het om _minder_ geld te maak?
Bietjie oorvereenvoudig. In die korte termyn kon die kunsmatige en
beskermde omgewing waarin die landbou in die jare 50, 60 en deels 70
bestaan het, wel sorg dat 'n klomp blanke boere in Mercedesse kon
rondry. Soos ek nou verduidelik het is 'n klomp van hulle in hul
moer.
> Wat ek nou nie verstaan nie, is hoe sulke optrede dien as voorbeeld van
> "wittes" wat hulself ten koste van "swartes" verryk het. Ek sien dus uit na
> jou verduideliking.
Ek hoop bostaande help.
>> Die verswarting van die platteland - wat 'n wonderlike idee. Mens
>> wonder amper watter kleur die platteland in die eerste plek was.
>> Baie van die "arbeiders" op "blanke" plase was lank voor die blanke
>> boer daar...
> Dis waar. Net soos die first peoples in Ontario, nie waar nie. Lyk net asof
> die first peoples in Ontario swakker gevaar het - dis nou as mens kyk na
> aspekte soos die relatiewe bevolkingsgroei en so aan. Of mis ek iets hier.
Die lug is skielik vol red herrings. Hierdie
argument het ek alreeds in 'n vorige thread, oor die besitregte van
die Khoi en die San, aangespreek.
>> Maar in terme van die nuwe beleid was miljoene swart
>> mense van die land af gestoot en in dumping grounds soos Qwa Qwa
>> gelos.
>>
> Hoe lyk dit met die besoldiging van plaasarbeiders in ander lande - in
> verhouding natuurlik, met die ander sektore van die betrokke ekonomieë? (En
> reken sommer die effek van landbousubsidies in die betrokke ekonomieë in.)
Hang af van watter ander lande jy van praat. In die algemeen is
plaasarbeid in meeste lande 'n kak career, en sluit die paket
meerendeels byvoordele soos BMWs edm uit 8-) . Maar. Weereens. Die
feit dat arbeid in ander lande ook geeksploiteer word, regverdig nie
eksploitasie in SA nie. Meerendeels is die SA situasie, waarin
landbou arbeid vir soveel jare bykans sonder enige wetlike beskerming
moes bestaan, redelik uniek, en het meeste ander ontwikkelde lande die
ILO se standaarde gevolg. Landbouarbeid in SA is dus onderdruk en
uitgebuit selfs meer as in ander lande.
>> swart mense se omstandighede op die groot meerderheid "blanke" plase
>> is haglik, gekenmerk deur swak behuising, gevaarlike
>> arbeidsomstandighede, geweld edm
> Is dit beter in Qwa Qwa? Of, byvoorbeeld, in Mandela village (Mamelodi)?
Die omstandighede van mense wat deur die Nasionalistiese regering in
Qwaqwa gedump is, is veel erger as wat dit was op die plase waarvan
hulle verwyder is. Dis deels omdat hulle daar slegs in teorie
plaaswerkers was. In feite was meeste sulke mense besig om vir
hulself te boer op grond wat _wetlik_ aan 'n wit boer behoort het,
maar waarop hulle in meeste gevalle lank voor die boer was. Die 1936
wet op swart grond, soos geamendeer, het hulle as "plakkers"
gedefinieer. Die regering se beleid op "surplus people" het beteken
dat al diegene wat nie streng nodig vir die boerderybedrywigheid van
die wit boer was nie, kragdadig verwyder is. Qwaqwa was een van die
grootste dumping grounds vir mense wat op hierdie manier vanhul eie
grond afgestoot is. Vanaf 1970 tot 1990 het Qwaqwa se bevolking
toegeneem van 23 000 tot 430 000, waarvan 90 % van vrystaatse plase af
daarheen gebrind is. Die werkloosheidsyfer is iets soos 80%. Pogings
om ontwikkeling na die gebied te bring word tans gekniehalter, o a
deur die administratiewe gemors wat deur die tuislandbeleid
agtergelaat is.
> Ah. En vertel bietjie. Wat is die potensiële draagkrag van die grond in die
> besit van "landelike armes" vergeleke by die potensiële draagkrag van die
> grond in die besit van "blanke boere"? (Dis nou m.b.t. dinge soos reënval,
> beboubaarheid, ens.)
Dit verskil van plek tot plek. Dele van die land, soos die Transkei
en die Ciskei, was redelik vrugbaar (alhoewel oorbevolking - as gevolg
van hierdie wanbalans in grondverspreiding natuurlik probleme gebring
het). In ander "tuislande" wat ek a gesien het (groot dele van bop,
Gazankulu en "Lebowa" (Sekhukhuneland) is die omstandighede vir
landbou baie onvrugbaar. Selfs al was die tuislandgrond die
vrugbaarste in die land regverdig dit nie die blanke diefstal van die
grond nie.
> Soos ek verstaan, is jou "punt" dat wittes hulle verryk het ten koste van
> swartes. Maar soos ek verstaan dien jou voorbeeld eerder om te toon dat
> hulle hulself nie soveel verreik het as wat hulle andersinds kon nie.
My punt is dat wittes hul verryk het ten koste van swartes - en dit op
maniere wat op die lange duur ekonomies onhoudbaar was. Op die ou end
is dit egter die meerderheid van swartmense wat die ergste hieronder
gely het - en nog steeds ly. Gaan ry bietjie in qwa qwa rond en sien
vir jouself watter wonderlike erfenis doe vorige regering vir ons
nagelaat het.
> Vriendelike groete, Leendert
Geniet die kersfees 8-)
A
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: So Nov 17 17:35:53 MGT 2024
|