seer [boodskap #129027] |
Vr, 03 Januarie 2020 13:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seer
Afbreking: seer
Selfstandige naamwoord: seer
Meervoud: sere
Verkleinwoord: seertjie
Meervoud van verkleining: seertjies
Betekenis:
• 'n Stukkende plek op 'n mens of dier wat pyn omdat dit nie gesond is nie; wond.
• (figuurlik) 'n Pynlike herinnering.
Gebruik:
• Hy het 'n yslike seer op sy toon.
• Sy sukkel om die seer van haar man se dood te verwerk.
Hiponiem:
• keelseer
• kopseer
• maagseer
Afgelei:
• seerkry
• seermaak
• seerpoot
• seervoet
Vertaling:
Engels: sore, wound, bruise; pain
Nederlands: zeer
Byvoeglike naamwoord: seer
Vergrotende trap: seerder
Oortreffende trap: seerste
Attributief: seer
Betekenis:
• Iets wat pyn; wat fisiese of emosionele lyding ervaar.
Gebruik:
• Eina! My tand is seer
• Haar hart is baie seer.
Sinoniem:
• pynlik
Vertaling:
Engels: sore, painful
Nederlands: zeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|