Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sand
sand [boodskap #129023] Vr, 03 Januarie 2020 12:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sandduin in Namibië.
'n Sandduin in Namibië.
sand
Afbreking: sand
Uitspraak: /sant/


Selfstandige naamwoord: sand
Meervoud: sande
Verkleinwoord: sandjie
Meervoud van verkleining: sandjies

Betekenis:
• Fyn korreltjies klip. 'n Los massa van klein deeltjies, afkomstig van verweerde rots, skulpe en ander materiaal.

Gebruik:
• Die kinders bou kastele in die sand.

Spreekwoord:
• Iemand sand in die oë skop. [Iemand bedrieg.]
• 'n Huis op sand bou. ['n Onderneming op swak grondslag aanpak.]
• Hy gesels land en sand aanmekaar. [Oor allerhande dinge aanhoudend gesels.]
• Klaas Vakie het sand in sy oë gestrooi. [Die kind is so vaak dat sy oë toeval.]
• Van die hand in die tand, val die pap in die sand. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]

Hiponiem:
• dryfsand
• seesand
• woestynsand

Afgelei:
• sandbank
• sandduin
• sandgrond
• sandhoop
• sandkorrel
• sandpapier

Vertaling:
Engels: sand, grit
Nederlands: zand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sambreel
Volgende onderwerp: sanger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:38:33 MGT 2024