Betekenis:
• 'n Opvoubare afdak teen reënwater of sonlig. 'n Skerm met 'n waterdigte stof oorgetrek om mense teen die reën en son te beskerm.
Gebruik:
• Met sulke donker wolke buite sou ek eerder 'n sambreel saamgeneem het.
• Op die strand speel die kinders in die son terwyl die ouer mense onder sambrele sit.
Spreekwoord:
• Hulle boer onder een sambreel. [Soos die een maak, so maak die ander.]