Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » safari
safari [boodskap #129014] Vr, 03 Januarie 2020 09:40
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
safari
Afbreking: sa•fa•ri


Selfstandige naamwoord: safari
Meervoud: safari's
Verkleinwoord: safari'tjie
Meervoud van verkleining: safari'tjies

Betekenis:
• 'n Begeleide ekspedisie in die wildernis; reis na 'n afgeleë gebied om die natuur te verken, te jag of foto's te neem.

Gebruik:
• Op safari het ons kameelperde, sebras, blesbokke en 'n trop leeus gesien.

Sinoniem:
• ekspedisie
• jaggeselskap
• ontdekkingsreis
• reisgeselskap
• trekgeselskap

Hiponiem:
• jagsafari

Afgelei:
• safarikamp
• safaripak
• safaririt

Vertaling:
Engels: safari
Nederlands: safari

Nota:
• Van Swahili, "lang reis". Uiteindelik weer van die Arabiese woord سفر (safar), wat "reis" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saans
Volgende onderwerp: sag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:38:07 MGT 2024