Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ry
ry [boodskap #129007] Vr, 03 Januarie 2020 07:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ry
Afbreking: ry
Uitspraak: /rəi/


Selfstandige naamwoord: ry
Meervoud: rye
Verkleinwoord: rytjie
Meervoud van verkleining: rytjies

Betekenis:
• 'n Klomp mense, diere of dinge wat agter mekaar staan; geordende opstelling van 'n aantal dinge in 'n bepaalde rigting.
• (wiskunde) 'n Opeenvolging van elemente.

Gebruik:
• Die kinders staan in 'n ry om by die snoepie uit te kom.

Antoniem:
• bondel

Homofoon:
• rei (koor in die klassieke drama)

Vertaling:
Engels: row, queue
Nederlands: rij


Werkwoord: ry
Verlede tyd: het gery
Teenwoordige deelwoord: ryende

Betekenis:
• Met 'n voertuig of 'n pakdier na 'n plek gaan. As bestuurder of passasier in 'n voertuig voortbeweeg.

Gebruik:
• Sy ry met die bus skool toe.
• Hy ry op 'n perd.

Spreekwoord:
• Aan die pen ry. [Verantwoording doen.]
• Hy ry met die druiwekar. [Jy is dronk.]
• Hy ry my in die wiele. [Hy dwarsboom my.]
• Iemand bloots ry. [Iemand laat swaarkry.]
• Die duiwel sal jou ry. [Jy sal swaar kry.]
• Kaap toe ry op 'n mes. [Gesê van 'n baie stomp mes.]
• Iemand op die stang ry. [Iemand hardhandig behandel.]
• Hy ry met die baard op die skouer. [Hy ry baie vinnig.]
• Iemand met springteuels ry. [Iemand min vryheid toelaat.]
• Hy ry die perd agterstevoor. [Hy pak die saak verkeerd aan.]
• Hy ry aandskof by die meisie. [Hy kuier in die aand by die meisie.]
• Op die soustrein ry. [Op groot skaal die belastingbetaler se geld vir weelde-artikels of onnodige reise aanwend.]

Sinoniem:
• voortbeweeg

Afgelei:
• rybewys
• rytuig

Vertaling:
Engels: to ride, drive, travel
Nederlands: rijden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rustig
Volgende onderwerp: rei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:34:10 MGT 2024