Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ring
ring [boodskap #128973] Wo, 01 Januarie 2020 16:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ring.
'n Ring.
ring
Afbreking: ring
Uitspraak: /rəŋ/


Selfstandige naamwoord: ring
Meervoud: ringe
Verkleinwoord: ringetjie
Meervoud van verkleining: ringetjies

Betekenis:
• Sieraad wat aan die vinger gedra word.
• 'n Sirkelvormige voorwerp wat om iets anders strek.
• 'n Bokskryt of stoeikryt wat met toue omspan is.

Gebruik:
• Hy sit 'n ring aan haar vinger.
• Wetenskaplikes bestudeer Saturnus se ringe.
• Die vegters klim in die ring.

Spreekwoord:
• Jy kan hom deur 'n ring trek. [Hy is baie netjies aangetrek.]
• Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. [Mooi klere alleen maak nie die man nie.]

Hiponiem:
• diamantring
• neusring
• oorring
• ringvinger
• servetring
• sleutelring
• trouring
• verloofring

Afgelei:
• ringdraer

Vertaling:
Engels: ring; circle
Nederlands: ring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ruik
Volgende onderwerp: robot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:00:18 MGT 2024