raas [boodskap #128938] |
Ma, 30 Desember 2019 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
raas
Afbreking: raas
Werkwoord: raas
Verlede tyd: het geraas
Betekenis:
• 'n Lawaai maak; luidrugtig wees; te kere gaan.
• Kwaai of streng met iemand praat.
Gebruik:
• Die kinders raas terwyl pa sy middagslapie vat.
• Die juffrou raas met hom omdat hy nie sy huiswerk gedoen het nie.
Spreekwoord:
• Leë blikke raas die meeste. [Grootpraters voer maar min uit.]
• Brandewyn raas as dit uit die vat kom. [Besope mense is gewoonlik luidrugtig.]
Vertaling:
Engels: to make noise; to rage, scold
Nederlands: razen
Xhosa: fundekela
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|