Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raam
raam [boodskap #128937] Ma, 30 Desember 2019 19:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vensterraam.
'n Vensterraam.
raam
Afbreking: raam


Selfstandige naamwoord: raam
Meervoud: rame
Verkleinwoord: raampie
Meervoud van verkleining: raampies

Betekenis:
• 'n Vorm met 'n holte in die middel waarin mens iets sit (soos glas of 'n portret).

Gebruik:
• My bril se raam is gebuig.
• Sy sit die foto in 'n raam.

Afgelei:
• fotoraam
• vensterraam

Vertaling:
Engels: frame, window
Nederlands: raam


Werkwoord: raam
Verlede tyd: het geraam

Betekenis:
• 'n Berekende skatting maak.
• 'n Raam om iets sit.

Gebruik:
• Die kunswerk waarde word op drie miljoen rand geraam.
• Sy raam al haar skilderye.

Vertaling:
Engels: to estimate; to frame
Nederlands: ramen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raaksien
Volgende onderwerp: raas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:38:50 MGT 2024