poot [boodskap #128911] |
Ma, 30 Desember 2019 05:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
poot
Afbreking: poot
Uitspraak: /pʊə̯t/
Selfstandige naamwoord: poot
Meervoud: pote
Verkleinwoord: pootjie
Meervoud van verkleining: pootjies
Betekenis:
• Die been of voet van 'n dier.
• Die goed waarop stoele, tafels en beddens staan/rus.
Gebruik:
• Die jakkals het 'n doring in sy poot.
• Die stoel se poot het gebreek.
Spreekwoord:
• Hy wil geen poot versit nie. [Wil nie beweeg nie.]
Afgelei:
• kaalpoot
• poot-uit
Vertaling:
Engels: paw, hoof, foot; leg
Nederlands: poot
Nota:
• Mense het voete en diere het pote.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|