plasties [boodskap #128906] |
So, 29 Desember 2019 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plasties
Afbreking: plas•ties
Byvoeglike naamwoord: plasties
Attributief: plastiese
Betekenis:
• In staat om gevorm te word; vormbaar; kneebaar; nie elasties nie.
• Wat van plastiek gemaak is.
Gebruik:
• Plastiese materiale vervorm maklik en keer nie na hul oorspronklike vorms terug nie. Die bene van babas is plasties en vormbaar, maar word met die loop van tyd harder.
• As ons kamp gebruik ons plastiese eetgerei. Die borde is ook plasties.
Vertaling:
Engels: plastic, moldable
Nederlands: plastisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|