Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pen
pen [boodskap #128891] So, 29 Desember 2019 07:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Penne
Penne
pen
Afbreking: pen


Selfstandige naamwoord: pen
Meervoud: penne
Verkleinwoord: pennetjie
Meervoud van verkleining: pennetjies

Betekenis:
• 'n Langerige instrument met ink om mee te skryf en te teken.
• 'n Langerige, skerp voorwerp wat 'n mens insteek of inslaan.
• Klein knippie van hout of plastiek wat gebruik word om klere op te hang sodat dit droog kan word.

Gebruik:
• Die onderwyser merk die vraestelle met 'n rooi pen.
• Hy kap die tent se laaste pen in.
• Het ons genoeg pennetjies om die wasgoed op te hang?

Spreekwoord:
• Aan die pen ry. [Verantwoording doen.]
• Hy doop sy pen in gal. [Bitter oor iets skryf.]
• Hy ry aan die pen. [Verantwoording doen.]
• 'n Pen deur iemand se hart dryf. [Iemand seermaak.]

Afgelei:
• balpuntpen
• bolpuntpen
• penlekker
• houtpen
• staalpen
• vulpen
• ysterpen

Vertaling:
Engels: pen; peg, pin, spike
Nederlands: pen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: patroon
Volgende onderwerp: personeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:34:19 MGT 2024