Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: First nations
Re: First nations [boodskap #11822] Vr, 12 Desember 1997 00:00
FanTim[2]  is tans af-lyn  FanTim[2]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Key Bored wrote in message ...
> is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
> was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
> inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
> politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het

Verkeerd. Dit was die internasionale gemeenskap wat dit afgedwing het. Nie
die oorspronklike inwoners nie. As die blanke bevolking regtig wou, sou
hulle SA baie vinnig in 'n tweede Duitsland kon verander en al wat 'n anders
kleurige is kon uitroei.

daardie
> oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
> teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
> grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
> proses.

So wat is die verskil? Vertel my hoe dit hier makliker gaan wees om 'n
plaas wat vir 200 of 300 jaar in familie besit was, weg te vat? Of self '
plaas wat vir R100 000 gekoop is en net vir 'n jaar besit is. Hoe gaan jy
dit van die huidige eienaar af terug kry?
>

Groete

FanTim
Re: First nations [boodskap #11823 is 'n antwoord op boodskap #11822] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
TV (alias Key Bored) nos...@nospam.za verklaar. . .

> Miskien is ek dom, - duh - maar wat is die relevansie hiervan?
> Hierdie soort vergelykings klink so na die two wrongs make a right
> tipe storie. Ek is seker Gloudina sal die regte van Kanada se first
> nations net soos die van SA s'n verdedig.

> . . .'n regeringsprogram in terme waarvan grond
> teruggegee kan word. Mooiso, se ek.

. . .dus, hoeveel "wrongs make a right" ? . . .drie ? . . . vier ?
Hoeveel ? Waar gaan die proses ophou ?

. . .en aan wie gaan die grond "teruggegee" word ? Gaan die nuwe
grondeienaars dit produktief inspan ? Wat word van die vorige
grondeienaars ? Hoe kwalifiseer 'n mens as 'n grondeienaar ?

Dis alles tog so eenvoudig: Jy beoordeel die verlede deur die
lens van die hede, en dan gee jy voor dat jou gevolgtrekkings
'n goeie en regverdige basis vir jou optrede in die hede en die
toekoms is. Ja, in 2097 sal alles wat verkeerd is nog steeds
aan apartheid of kolonialisme te wyte wees.

Alles wat met my lewe verkeerd is, is te wyte aan
my voorouers. Ek neem hulle kwalik dat hulle nie die toekoms
met groter helderheid voorsien het nie. . . en nou gaan ek my
hond skop omdat ek kwaad is.

Hjalmar
________
Vorige onderwerp: Vir Leendert. Oor die WVK
Volgende onderwerp: Waiting for the Barbarians
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 16:20:01 MGT 2024