onbepaald [boodskap #128796] |
Ma, 23 Desember 2019 08:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbepaald
Afbreking: on•be•paald
Uitspraak: /ombəˈpɑːɫt/
Telwoord: onbepaald
Betekenis:
• 'n Hoeveelheid wat nie bepaal (vasgestel) is nie.
Gebruik:
• Daar is nog 'n onbepaalde aantal kaartjies beskikbaar.
Vertaling:
Engels: indefinite, unlimited
Nederlands: onbepaald
Byvoeglike naamwoord: onbepaald
Attributief: onbepaalde
Betekenis:
• Wat nie bepaal (vasgestel) is nie; onseker en nie noukeurig omskrywe nie; sonder grense.
Gebruik:
• Die oorsaak is onbepaald.
Antoniem:
• bepaald
Afkorting:
• onbep.
Vertaling:
Engels: undefined, uncertain
Nederlands: onbepaald
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|