nuus [boodskap #128782] |
So, 22 Desember 2019 07:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nuus
Afbreking: nuus
Selfstandige naamwoord: nuus
Meervoud: –
Betekenis:
• Inligting oor iets wat onlangs gebeur het; beriggewing oor gebeure; aktuele ontwikkelinge.
Gebruik:
• Die wrede plaasmoorde het uiteindelik die nuus gehaal.
Spreekwoord:
• Dis ou nuus. [Dis lankal bekend]
• Geen nuus, goeie nuus. [As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, kan jy seker wees dat dit goed gaan.]
Sinoniem:
• tyding
Hiponiem:
• fopnuus
• hoofnuus
• handelsnuus
• sportnuus
• wêreldnuus
Afgelei:
• nuusagentskap
• nuusberig
• nuusblad
• nuusbrief
• nuusbrokkie
• nuusbulletin
• nuusdekking
• nuusdiens
• nuusdraer
• nuusflits
• nuushonger
• nuushoogtepunte
• nuuskierig
• nuuskommentaar
• nuuskorrespondent
• nuusleser
• nuusmakers
• nuusoorsig
• nuusopskrif
• nuusprogram
• nuusuitsending
• nuuswaardig
Vertaling:
Engels: news, tidings
Nederlands: nieuws
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|