rob [boodskap #128759] |
Sa, 21 Desember 2019 07:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rob
Afbreking: rob
Selfstandige naamwoord: rob
Meervoud: robbe
Verkleinwoord: robbetjie
Meervoud van verkleining: robbetjies
Betekenis:
• 'n Seeroofdier van die familie Phocidae, sonder uitwendige oorskulpe, wat nie hul agterste ledemate vir beweging op land kan gebruik nie.
Gebruik:
• 'n Rob is by geboorte gewoonlik wit van kleur.
Sinoniem:
• seehond
Afgelei:
• robbejag
• robbejagter
• robbespek
• robbetraan
• robbevanger
• robbevel
Vertaling:
Engels: seal, sea-dog
Nederlands: rob, zeehond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|