Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nat
nat [boodskap #128758] Vr, 20 Desember 2019 21:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nat
Afbreking: nat


Byvoeglike naamwoord: nat
Vergrotende trap: natter
Oortreffende trap: natste
Attributief: nat
Intensief: druipnat, kletsnat, papnat, papsopnat, sopnat, waternat, watersopnat

Betekenis:
• Wat met 'n vloeistof (soos water) bedek is; uiters vogtig; nie droog nie.

Gebruik:
• Ná die oefening was hy nat van die sweet.
• Sy vee die toonbank met 'n nat lap af.

Spreekwoord:
• Hy is nog nat agter die ore. [Nog jonk en onervare.]
• Sy kruit is nat. [Iemand kan nie sy doel bereik nie.]
• Hy wil met nat hout vuurmaak. [Die onmoontlike probeer doen.]
• Jou twak is nat. [Jy kan nie jou doel bereik nie.]
• Nog nie nat of droog oor my lippe gehad nie. [Nog niks geëet of gedrink nie.]
• Hy maak dak nat. [By die bou van 'n huis, die werksmense trakteer sodra die eerste kap opgestel is.]

Vergelyking:
• So nat soos 'n kat.

Antoniem:
• droog

Afgelei:
• natterig

Vertaling:
Engels: wet, moist, damp
Nederlands: nat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: akwarium
Volgende onderwerp: rob
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:19:44 MGT 2024