Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kankerbos
kankerbos [boodskap #128736] Wo, 18 Desember 2019 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kankerbos
Kankerbos
kankerbos
Afbreking: kan•ker•bos
Samestelling: kanker + bos


Selfstandige naamwoord: kankerbos
Meervoud: kankerbosse
Verkleinwoord: kankerbossies
Meervoud van verkleining: kankerbossies

Betekenis:
• 'n Klein struik met silwergrys blare, oranje pronkertjievormige blomme en pienkrooi peule wat vanaf Julie tot Desember blom, Sutherlandia frutescens.

Gebruik:
Kankerbos word wyd geprys vir sy immuunversterkende, anti-virale en anti-inflammatoriese eienskappe wat gebruik word teen siektes soos artritis, kanker en tipe 2-diabetes.

Sinoniem:
• blaasbossie
• blaas-ertjie
• eendjies,
• gansiekeurtjie
• klappers
• hoenderbelletjie

Vertaling:
Engels: cancer bush

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gal
Volgende onderwerp: siklopies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:26:43 MGT 2024