Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » restaurant
restaurant [boodskap #128721] Di, 17 Desember 2019 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ete by 'n restaurant.
'n Ete by 'n restaurant.
restaurant
Afbreking: res•tau•rant
Uitspraak: /rɛstʊə̯ˈrant/, /rɛstuˈrant/


Selfstandige naamwoord: restaurant
Meervoud: restaurante, restaurants
Verkleinwoord: restaurantjie
Meervoud van verkleining: restaurantjies

Betekenis:
• Plek waar mens 'n maaltyd teen betaling kan nuttig.

Gebruik:
• Hulle het gaan uiteet by die die nuwe restaurant om die hoek.
Restaurante het gewoonlik gedekte tafels en sitplek waar kliënte kan sit terwyl kelners vir hulle kos en drinkgoed aandra.

Wisselvorm:
• restourant

Afgelei:
• kafee-restaurant
• restaurantbestuur
• restauranteienaar
• restaurantete
• restaurantgids
• restauranthouer

Vertaling:
Engels: restaurant
Nederlands: restaurant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: magneet
Volgende onderwerp: somers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:28:38 MGT 2024