balsak [boodskap #128708] |
So, 15 Desember 2019 20:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
balsak
Afbreking: bal•sak
Samestelling: bal + sak
Selfstandige naamwoord: balsak
Meervoud: balsakke
Verkleinwoord: balsakkie
Meervoud van verkleining: balsakkies
Betekenis:
• 'n Langwerpige, bruin seilsak, so bietjie langer as 'n meter, waarin weermaglede hulle besittings stoor.
• (biologie) Die skrotum (teelsak) waarin die testikels (teelballe) hang.
Gebruik:
• Die troepie pak sy uniforms en eetgerei in sy balsak.
• Dit blyk dat die balsak ten doel het om die temperatuur van die testikels te reguleer.
Vertaling:
Engels: kitbag; scrotum
Nederlands: balzak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|