mos [boodskap #128701] |
So, 15 Desember 2019 07:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mos
Afbreking: mos
Uitspraak: /mɔs/
Bywoord: mos
Betekenis:
• Bevestiging as mens dink die persoon met wie jy praat weet waaroor dit gaan.
Gebruik:
• Jy weet mos.
• Hy gaan mos saam?
• Ek het jou mos gesê dit gaan gebeur.
Sinoniem:
• inderdaad
• immers
• tog
Vertaling:
Engels: indeed, at least, isn't it?, you know?
Nederlands: immers, toch
Selfstandige naamwoord: mos
Meervoud: mosse
Verkleinwoord: mossie
Meervoud van verkleining: mossies
Betekenis:
• (plantkunde) 'n Primitiewe sporeplant.
• Gegiste druiwesap met die doppe.
Gebruik:
• Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee.
• Die geparste druiwe en hul sap staan bekend as mos.
Afgelei:
• mosbolletjies
• moskonfyt
Vertaling:
Engels: moss; must
Nederlands: mos; most
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|