Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moeg
moeg [boodskap #128696] Sa, 14 Desember 2019 19:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moeg
Afbreking: moeg


Byvoeglike naamwoord: moeg
Vergrotende trap: moeër
Oortreffende trap: moegste
Attributief: moeë
Intensief: doodmoeg, hondmoeg, lewensmoeg

Betekenis:
• Nie krag om aan te gaan nie.
• Nie meer lus vir iets nie.

Gebruik:
• Die mynwerker is moeg gewerk en die sweet drup van hom af.
• Ek is moeg vir jou alewige klaery.

Spreekwoord:
• Hy is moeg gebore. [Iemand is baie lui.]
• Sy is moeg geploeg. [Moeg van sukkel.]

Vergelyking:
• So moeg soos 'n hond.

Sinoniem:
• afgemat
• opgebruik
• pootuit
• uitgeput
• vermoeid
• sat

Antoniem:
• uitgerus

Afgelei:
• moeggebore
• moegheid

Vertaling:
Engels: fatigued, exhausted, tired, weary
Nederlands: moe, vermoeid, zat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moedeloos
Volgende onderwerp: moeilikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:29:02 MGT 2024