Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moedeloos
moedeloos [boodskap #128695] Sa, 14 Desember 2019 19:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moedeloos
Afbreking: moe•de•loos


Byvoeglike naamwoord: moedeloos
Vergrotende trap: moedeloser
Oortreffende trap: moedeloosste
Attributief: moedelose

Betekenis:
• Nie kans sien of krag het om iets te doen nie; somber omdat mens hoop verloor het.

Gebruik:
• Ons spanmaats het weens die baie nederlae moedeloos geraak.
• Hy was moedeloos toe hy nie vir die pos aanvaar is nie.

Sinoniem:
• gebroke
• gedemoraliseer
• mismoedig
• moedverlore
• neerslagtig
• ontmoedig
• radeloos
• reddeloos
• teleurgesteld
• terneergedruk
• verslae

Antoniem:
• optimisties

Afgelei:
• moedeloosheid

Vertaling:
Engels: discouraged, dishearted, dejected, despondent
Nederlands: moedeloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rekenaarskerm
Volgende onderwerp: moeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:23:22 MGT 2024