Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meeldraad
meeldraad [boodskap #128678] Sa, 14 Desember 2019 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meeldrade.
Meeldrade.
meeldraad
Afbreking: meel•draad
Samestelling: meel + draad


Selfstandige naamwoord: meeldraad
Meervoud: meeldrade
Verkleinwoord: meeldraadjie
Meervoud van verkleining: meeldraadjies

Betekenis:
• Manlike voortplantingsorgaan van 'n blom wat die stuifmeel vervaardig.

Gebruik:
• 'n Meeldraad bestaan gewoonlik uit 'n stingel, wat die helmdraad genoem word, en 'n helmknop, wat die mikrosporangia bevat.

Afgelei:
• meeldraadkrans

Verwant:
• stamper
• vrugbeginsel
• styl
• stempel

Vertaling:
Engels: stamen
Nederlands: meeldraad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meel
Volgende onderwerp: meester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:21:56 MGT 2024