Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maanhaarjakkals
maanhaarjakkals [boodskap #128579] Sa, 07 Desember 2019 06:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Maanhaarjakkalse
Maanhaarjakkalse
maanhaarjakkals
Afbreking: maan•haar•jak•kals
Samestelling: maanhaar + jakkals
Uitspraak: /ˈmɑːnɦɑːrˌjɑkɑɫs/, /ˈmɑnɦɑːrˌjɑkɑɫs/


Selfstandige naamwoord: maanhaarjakkals
Meervoud: maanhaarjakkalse
Verkleinwoord: maanhaarjakkalsie
Meervoud van verkleining: maanhaarjakkalsies

Betekenis:
• Wolfagtige nagdier met lang, donker maanhare en dik behaarde stert wat tans as 'n hiëna geklassifiseer word (Proteles cristatus).

Gebruik:
• Die maanhaarjakkals is 'n weerlose dier wat, anders as ander hiënas wat veral gewerweldes vreet, hoofsaaklik van termiete leef.

Sinoniem:
• aardwolf
• erdwolf
• ghaip
• ghei
• gheip
• gheipjakkals
• ghie
• ghiep
• ghob
• neip
• naderoe
• nadroe
• nadroejakkals
• weerwolf

Vertaling:
Engels: maanhaar-jackal, maned jackal
Nederlands: aardwolf
Zoeloe: isingci

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konstateer
Volgende onderwerp: ontwrigtend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:30:21 MGT 2024