koel [boodskap #128569] |
Do, 05 Desember 2019 06:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koel
Afbreking: koel
Byvoeglike naamwoord: koel
Vergrotende trap: koeler
Oortreffende trap: koelste
Attributief: koel
Partitief: koels
Intensief: komkommerkoel
Betekenis:
• Met 'n laer temperatuur in verhouding tot die warmer omgewing; kouer en nie warm genoeg nie.
• Sonder om emosies te wys; nie opgewonde raak of sterk voel oor iets hê nie.
Gebruik:
• Die klimaatsveranderinge van die 15de en 16de eeu met hul koue winters en koel somers het tot voedseltekorte gelei.
• Sy was buitengewoon koel teenoor my.
Spreekwoord:
• Jy moet jou kop koel hou. [Kalm bly.]
Vergelyking:
• So koel soos 'n komkommer. [Nie in die minste opgewonde nie.]
Afgelei:
• koelerig
• koelheid
• koelkas
• koelkop
Vertaling:
Engels: cool, cold, fresh; reserved, distant
Nederlands: koel
Werkwoord: koel
Verlede tyd: het gekoel
Betekenis:
• Kouer maak; hitte afvoer.
Gebruik:
• Hy sit die lugreëling aan om die kamer te koel.
Vertaling:
Engels: to cool
Nederlands: koelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|