breuk [boodskap #128540] |
Sa, 30 November 2019 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
breuk
Afbreking: breuk
Uitspraak: /brɪøk/
Selfstandige naamwoord: breuk
Meervoud: breuke
Verkleinwoord: breukie
Meervoud van verkleining: breukies
Betekenis:
• Die gebreekte gedeelte van iets; stukkende plek; skeur.
• (medies) Swak plek in die liggaam waar die ingewande uitpeul of 'n been gebreek is.
• (wiskunde) 'n Gedeelte van 'n heelgetal; die uitkoms (kwosiënt) as twee of meer heeltalle met mekaar gedeel word.
Gebruik:
• Hy klim versigtig oor 'n breuk in die rotswand.
• Sy moet gaan vir 'n operasie om die breuk te herstel.
• Gegewe die breuk a/b, is a die teller en b die noemer. Getalle soos ’n kwart (1⁄4), vyf agtstes (5⁄8) en 'n tiende (1⁄10) is breuke.
Sinoniem:
• fraktuur
Afgelei:
• dermbreuk
• inbreuk
• kontrakbreuk
• mantelvliesbreuk
• skedelbreuk
• spleetbreuk
• wolkbreuk
Vertaling:
Engels: fracture, break; fraction
Nederlands: breuk
Nota:
• Moenie "breuk" met "breek" (ww.) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|