Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tameletjie
tameletjie [boodskap #128537] Vr, 29 November 2019 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tameletjie
Afbreking: ta•me•lle•tjie


Selfstandige naamwoord: tameletjie
Meervoud: tameletjies

Betekenis:
• 'n Soort harde taai lekker van suiker en botter, of gemaalde droëvrugte wat plat gerol en in die son gedroog is.
• (figuurlik) 'n Moeilike probleem waarmee iemand worstel; 'n netelige kwessie.

Gebruik:
• Wil jy 'n stukkie tameletjie saam met jou koeldrank hê?
• Ek het hulp nodig om 'n taai tameletjie baas te raak.

Spreekwoord:
• As jy jou lyf tameletjie hou, word daar aan jou gekou. [Wie homself onderdanig gedra, word as kneg behandel.]

Sinoniem:
• toffie
• vrugterol
• vrugtesmeer
• smeerperske

Spelfout:
• tammeletjie

Vertaling:
Engels: taffy, stickjaw candy; problem, headache, puzzler
Nederlands: toffee; probleem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versaak
Volgende onderwerp: ongebondenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:16:41 MGT 2024