Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geelperske
geelperske [boodskap #128535] Do, 28 November 2019 18:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Geelperskes.
Geelperskes.
geelperske
Afbreking: geel•pers•ke
Samestelling: geel + perske
Uitspraak: /ˈχɪə̯lˌpɛrs.kə/


Selfstandige naamwoord: geelperske
Meervoud: geelperskes
Verkleinwoord: geelpersketjie
Meervoud van verkleining: geelpersketjies

Betekenis:
• 'n Taaipitperske met geel vleis en geel tot oranje skil, word hoofsaaklik vir inmaakdoeleindes gebruik.

Gebruik:
• Kakamas was dan die eerste om in 1938 geelperskes te produseer.

Afgelei:
• geelperskeboom
• geelperskereën

Vertaling:
Engels: yellow or orange peach

Nota:
• 'n "Geelperske" is 'n spesifieke soort perske, maar 'n "geel perske" (twee woorde) kan enige soort perske wees met 'n geel kleur.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: publiseer
Volgende onderwerp: versaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:24:03 MGT 2024