gebaar [boodskap #128533] |
Do, 28 November 2019 14:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gebaar
Afbreking: ge•baar
Uitspraak: /χəˈbɑːr/
Selfstandige naamwoord: gebaar
Meervoud: gebare
Verkleinwoord: gebaartjie
Meervoud van verkleining: gebaartjies
Betekenis:
• 'n Betekenisvolle beweging; met die hande en lyf kommunikeer.
• Handeling waarmee 'n mense jou gesindheid ten toon te stel.
Gebruik:
• Met 'n gebaar van sy hand kom die lyfwagte nader gehardloop.
• Die skenking was 'n mooi gebaar.
Afgelei:
• gebaretaal
Vertaling:
Engels: gesture, gesticulation, action
Nederlands: gebaar
Werkwoord: baar
Verlede tyd: het gebaar
Betekenis:
• Verlede tyd van baar. In die wêreld gebring.
Gebruik:
• Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar.
Spreekwoord:
• Die berg het ’n muis gebaar. [Dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie.]
Vertaling:
Engels: gave birth
Nederlands: baarde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|