kluisenaar [boodskap #128524] |
Wo, 27 November 2019 16:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kluisenaar
Afbreking: klui•se•naar
Uitspraak: /ˈklœi̯.səˌnɑːr/
Selfstandige naamwoord: kluisenaar
Meervoud: kluisenaars
Verkleinwoord: kluisenaartjie
Meervoud van verkleining: kluisenaartjies
Betekenis:
• Iemand wat alleen en in afsondering leef.
Gebruik:
• Leef u soos 'n kluisenaar en is dit miskien so dat u dit verkies om so op u eie te leef, gelukkig en tevrede met u eie geselskap?
Sinoniem:
• hermiet
Afgelei:
• kluisenaarkreef
• kluisenaarsbestaan
• kluisenaarshut
• kluisenaarskrap
• kluisenaarskreef
• kluisenaarslewe
Verwant:
• alleenloper
Vertaling:
Engels: anchorite, hermit
Nederlands: kluizenaar, heremiet
Nota:
• Die woord "kluisenaar" beteken letterlik "iemand wat in 'n kluis woon". Die woord is al in Middelnederlands opgeteken as "clusenare".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|