intiem [boodskap #128511] |
Ma, 25 November 2019 18:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
intiem
Afbreking: in•tiem
Uitspraak: /ənˈtim/
Byvoeglike naamwoord: intiem
Vergrotende trap: intiemer
Oortreffende trap: intiemste
Attributief: intieme
Partitief: intiems
Betekenis:
• Wat die diepste aard van iets raak; in die diepste, binnenste geleë is.
• Wat persoonlik, innig en baie vertroulik is.
Gebruik:
• Hulle deel al hulle intieme geheime.
• Hulle gesprek was warm en intiem.
Afgelei:
• intiemheid
Vertaling:
Engels: intimate, personal
Nederlands: intiem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|