Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » traan
traan [boodskap #128480] So, 24 November 2019 08:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Trane
Trane
traan
Afbreking: traan
Uitspraak: /trɑːn/


Selfstandige naamwoord: traan
Meervoud: trane
Verkleinwoord: traantjie
Meervoud van verkleining: traantjies

Betekenis:
• Vloeistof uit die oog; oogvog.
• Traanolie (uit het spek van walvisse, robbe, ens.)

Gebruik:
• Sy vee 'n traan van haar wang af.
• In die ou dae is robbe en walvisse vir hulle traan gejag.

Afgelei:
• traanafskeiding
• traanagtig
• traanbom
• traanbuis
• traangas
• traanklier
• traanoog
• traanpunt
• traansakkie

Vertaling:
Engels: tear, teardrop
Nederlands: traan


Werkwoord: traan
Verlede tyd: het getraan

Betekenis:
• Die afskei van trane.

Gebruik:
• As mens uie skil, traan jou oë

Vertaling:
Engels: to shed tears
Nederlands: tranen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: drup
Volgende onderwerp: kruk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:27:30 MGT 2024