Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drup
drup [boodskap #128479] So, 24 November 2019 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Water wat drup.
Water wat drup.
drup
Afbreking: drup
Uitspraak: /drœp/


Werkwoord: drup
Verlede tyd: het gedrup
Teenwoordige deelwoord: druppende

Betekenis:
• Druppels vorm en na benede val.

Gebruik:
• Die kraan drup, draai hom ordentlik toe.

Spreekwoord:
• As dit op die een reën, drup dit op die ander. [Alle mense word nie ewe veel geseën nie.]

Vertaling:
Engels: to drip
Nederlands: druppen


Selfstandige naamwoord: drup
Meervoud: druppe
Verkleinwoord: druppie
Meervoud van verkleining: druppies

Betekenis:
• Toestel vir die binneaarse toediening van medikasie.
• Die val van 'n druppel vloeistof.

Gebruik:
• Sy is swak, ons sal 'n drup moet opsit.
• Die drup van daardie kraan gaan ons mal maak.

Spreekwoord:
• Van die reën in die drup kom. [Van die een moeilikheid in die ander kom.]

Vertaling:
Engels: drip, drop
Nederlands: drup

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dekameter
Volgende onderwerp: traan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:24:30 MGT 2024