Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knoop
knoop [boodskap #128471] Sa, 23 November 2019 11:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Knope.
Knope.
'n Dubbele knoop.
'n Dubbele knoop.
knoop
Afbreking: knoop


Selfstandige naamwoord: knoop
Meervoud: knope
Verkleinwoord: knopie
Meervoud van verkleining: knopies

Betekenis:
• Voorwerp wat plat en rond is waarmee mens dele van 'n kledingstuk vasmaak.
• Plek in 'n draad, lyn of tou met 'n lus waardeur een ent deurgetrek is.
• Snelheidsmaat wat in die seevaart gebruik word.
• Vloek; lelik praat.

Gebruik:
• Sy hemp se knoop het afgeval.
• Sy probeer die knoop in die tou losmaak.
• Een knoop is een seemyl per uur, ongeveer 1,8 kilometer per uur.
• Hy los die een knoop na die ander.

Spreekwoord:
• Die knoop deurhak. ['n Moeilike saak oplos of afhandel.]
• Die knoop sit aan die end van die riem. [Die moeilikheid kom eers later.]
• Maak 'n knoop in jou sakdoek. [Probeer om iets te onthou.]

Hiponiem:
• mansjetknoop
• sierknoop

Vertaling:
Engels: button; knot, tie
Nederlands: knoop


Werkwoord: knoop
Verlede tyd: het geknoop

Betekenis:
• Om iets vas of los te maak.
• Die ent van 'n tou of draad deur 'n lus trek.
• Om te vloek.

Gebruik:
• Hy knoop sy hemp se knope vas.
• Sy knoop die toue aan mekaar vas.
• Die matroos knoop verskriklik.

Spreekwoord:
• Hy knoop semels. [Oor nietighede stry.]
• Iets in jou oor knoop. [Jou inspan om iets te onthou.]

Vertaling:
Engels: to button, knot; tie; swear
Nederlands: knopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knik
Volgende onderwerp: knip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:19:53 MGT 2024