Betekenis:
• 'n Groot horlosie (toerusting wat die tyd hou).
• 'n Hol instrument wat 'n geluid maak as 'n voorwerp dit aan die binnekant slaan.
• 'n Knoppie by 'n voordeur wat mense druk as hulle wil ingaan; deurklokkie.
Gebruik:
• Die klok het ses-uur geslaan.
• Hy lui die kerk se klok.
• Lui die klokkie, anders gaan ons nie weet julle is hier nie.
Spreekwoord:
• Hy hang dit aan die groot klok. [Oral rondvertel.]
• In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste. ['n Mens is op jou gemak in jou eie huis.]
• Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang. [Iets van 'n saak gehoor, maar weet niks van die besonderhede.]