Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klip
klip [boodskap #128464] Sa, 23 November 2019 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Klippe op die grond.
Klippe op die grond.
klip
Afbreking: klip
Uitspraak: /kləp/


Selfstandige naamwoord: klip
Meervoud: klippe
Verkleinwoord: klippie
Meervoud van verkleining: klippies

Betekenis:
• Die harde gesteentes wat in die veld en in tuine op die grond lê.
• Die harde materiaal waaruit 'n rots bestaan; rotsblok of 'n massa delfstof.

Gebruik:
• Pasop dat jy nie oor die klip val nie.

Spreekwoord:
• Bloed uit 'n klip tap. [Die onmoontlike probeer doen; te veel eis.]
• Dis botter op 'n warm klip. [Dis nuttelose moeite.]
• Dis 'n klip om my nek. [Dis vir jou 'n las.]
• Hy gooi 'n klip in die bos. [Reaksie uitlok deur 'n uitdagende bewering te maak.]
• Hy rol 'n klip uit die pad vir my. [Doen 'n guns vir iemand.]
• 'n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde klip. [Net 'n dom mens maak dieselfde fout.]
• 'n Gedurige gedrup maak 'n gat in 'n klip. [Voortdurende geneul kan later vrugte afwerp.]
• 'n Klip vir brood gee. [Die onbruikbare en waardelose vir die nodige gee.]
• 'n Esel stamp hom nie twee maal aan dieselfde klip nie. [Wie iets onaangenaams ondervind het, vermy dit voortaan.]

Afgelei:
• klipgebou
• klipgooi
• klipgrond
• klipgruis
• kliphard
• klipkop
• klipperig
• klipkraal
• klipkrans
• klipvloer
• vuurklip

Vertaling:
Engels: stone, pebble, rock, boulder
Nederlands: steen
Venda: tombo
Xhosa: ilitye
Zoeloe: itshe, ilitshe, idwala

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klim
Volgende onderwerp: kliphard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:31:29 MGT 2024