Leksikograaf Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klim
Afbreking: klim
Werkwoord: klim
Verlede tyd: het geklim
Teenwoordige deelwoord: klimmende
Betekenis:
• Met hande en voete vorentoe of na 'n hoër posisie beweeg; boontoe kruip of klouter.
• Hoër op beweeg; opstyg; rank; hoër word of in 'n hoër posisie kom.
Gebruik:
• Die seun klim op die huis se dak.
• Bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
Spreekwoord:
• Hy klim vroeg op die stellasie. [Hy gaan slaap vroeg.]
• Met die verkeerde been uit die bed klim. [Vroeg in die oggend al nukkerig wees.]
• Vir die swartste moerbei klim jy die hoogste. [Vir iets wat die moeite werd is, sal jy baie moeite doen.]