Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wurg
wurg [boodskap #128456] Vr, 22 November 2019 19:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wurg
Afbreking: wurg
Uitspraak: /ˈvœrχ/


Werkwoord: wurg
Verlede tyd: het gewurg
Teenwoordige deelwoord: wurgende

Betekenis:
• Iets of iemand vermoor deur die keel toe te druk; die lewe uitdruk.
• Swaar sluk; voel asof die keel toegedruk word.
• (figuurlik) Laat swaarkry.

Gebruik:
• Die slang wurg sy prooi.
• Hy wurg aan sy kos.
• Die droogte wurg die boere.

Spreekwoord:
• Hy is tussen hang en wurg. [Tussen twee groot moeilikhede.]

Afgelei:
• verwurg

Vertaling:
Engels: to strangle, throttle
Nederlands: wurgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stol
Volgende onderwerp: muf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 08:34:26 MGT 2024