kerm [boodskap #128442] |
Do, 21 November 2019 19:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kerm
Afbreking: kerm
Uitspraak: /kɛrm/
Werkwoord: kerm
Verlede tyd: het gekerm
Teenwoordige deelwoord: kermende
Betekenis:
• 'n Kreunende geluid voortbring, meestal van ongelukkigheid of van pyn en ellende.
Gebruik:
• Die gewonde man kerm sagies toe hy op die draagbaar neergelê word.
Spreekwoord:
• Hy kerm soos 'n kat oor 'n derm. [Oor onsin kla en neul.]
Sinoniem:
• brom
• huil
• mor
• neul
• kla
• kreun
• sanik
• teem
• treur
Afgelei:
• kermend
• kerming
Vertaling:
Engels: to moan, groan, whine
Nederlands: kermen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|