skrander [boodskap #128430] |
Wo, 20 November 2019 18:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrander
Afbreking: skran•der
Byvoeglike naamwoord: skrander
Vergrotende trap: skranderder
Oortreffende trap: skranderste
Attributief: skrander
Betekenis:
• Wat van intelligensie getuig; vlug van verstand; slim en intelligent.
Gebruik:
• 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit. [Spreuke 12:23]
• Sy was die skranderste van haar klas.
Sinoniem:
• begaafd
• briljant
• intelligent
• knap
• skerpsinnig
• talentvol
• uitgeslape
• vernuftig
• vindingryk
Vertaling:
Engels: witty, ingenious, smart, clever, bright, sharp
Nederlands: schrander
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|