Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kersie
kersie [boodskap #128408] Ma, 18 November 2019 06:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kersies
Kersies
kersie
Afbreking: ker•sie
Uitspraak: /ˈkɛrsi/


Selfstandige naamwoord: kersie
Meervoud: kersies
Verkleinwoord: kersietjie
Meervoud van verkleining: kersietjies

Betekenis:
• 'n Soort pruimagtige steenvrug (Prunus avium); klein, ronde, rooi vruggie wat aan 'n boom groei.
• Verkleinwoord van kers; 'n klein brandbare, silindervormige staaf.

Gebruik:
• Ma sit 'n rooi kersie op die koek.
• Ek blaas die kersie op my verjaardagkoek dood.

Afgelei:
• kersie-oes
• kersieblaar
• kersiebloeisel
• kersiebolaag
• kersieboom
• kersieboord
• kersiebos
• kersiebrandewyn
• kersiegom
• kersiehout
• kersiekleur
• kersiepit
• kersierooi
• kersiesap
• kersiesous
• kersietert
• kersiewyn

Vertaling:
Engels: cherry; little candle
Nederlands: kers; kaarsje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kers
Volgende onderwerp: greep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:02:41 MGT 2024