smous [boodskap #128368] |
Do, 14 November 2019 16:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smous
Afbreking: smous
Uitspraak: /smœu̯s/
Selfstandige naamwoord: smous
Meervoud: smouse
Verkleinwoord: smousie
Meervoud van verkleining: smousies
Betekenis:
• 'n Rondreisende handelaar; ruilhandelaar.
Gebruik:
• Die bondeldraermonument op Graaff-Reinet is opgerig ter ere van die Joodse smouse wat die Suid-Afrikaanse ekonomie help ontwikkel het.
Afgelei:
• pannekoeksmous
• straatsmous
Vertaling:
Engels: hawker, pedlar
Nederlands: smous
Werkwoord: smous
Verlede tyd: het gesmous
Betekenis:
• Van plek tot plek verkoop; ruilhandel dryf.
Gebruik:
• Pasop, die man smous met dwelms!
Vertaling:
Engels: to hawk
Nederlands: smousen, smouzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|