informasie [boodskap #128346] |
Wo, 13 November 2019 20:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
informasie
Afbreking: in•for•ma•sie
Selfstandige naamwoord: informasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Inligting wat aan iemand gegee word wat die persoon nie vantevore gehad het nie.
• Die resultaat wat verkry word as data versamel, verwerk, gemanipuleer en georganiseer word op so 'n manier dat dit die kennis van die ontvanger verryk.
Gebruik:
• Vir jou informasie, ek is finansieel heeltemal sterk genoeg om op my eie bene te kan staan.
• Aangesien die koste van transistors laag is, is daar 'n neiging om informasie te digitaliseer.
Sinoniem:
• inligting
Antoniem:
• disinformasie
Afgelei:
• informasieburo
• informasiekanale
• informasiekantoor
• informasietegnologie
• informasieteorie
Vertaling:
Engels: information
Nederlands: informatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|