ystervark [boodskap #128340] |
Wo, 13 November 2019 06:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ystervark
Afbreking: ys•ter•vark
Samestelling: yster + vark
Uitspraak: /ˈəi̯s.tərˌfark/
Selfstandige naamwoord: ystervark
Meervoud: ystervarke
Verkleinwoord: ystervarkie
Meervoud van verkleining: ystervarkies
Betekenis:
• Knaagdier met swart-en-wit penne op die rug en agterlyf wat vir selfverdediging gebruik word, Hystrix africaeaustralis.
Gebruik:
• Die ystervark is 'n stewig geboude nagdiertjie en die grootste knaagdier wat in Suid-Afrika voorkom.
Afgelei:
• ystervarkgat
• ystervarkvel
Vertaling:
Engels: porcupine
Nederlands: stekelvarken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|