Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tamatie
tamatie [boodskap #128339] Wo, 13 November 2019 06:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tamaties
Tamaties
tamatie
Afbreking: ta•ma•tie
Uitspraak: /taˈmɑː.ti/


Selfstandige naamwoord: tamatie
Meervoud: tamaties
Verkleinwoord: tamatietjie
Meervoud van verkleining: tamatietjies

Betekenis:
• 'n Sagte rooi vrug wat dikwels in slaaie gebruik word.
• Die tamatieplant, Solanum lycopersicum.

Gebruik:
• Ek hou van toebroodjies met tamatie en kaas.
• Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as groente beskou.

Afgelei:
• tamatiebredie
• tamatiekelkie
• tamatiekis
• tamatiekonfyt
• tamatiekultivars
• tamatiemengsel
• tamatiepasta
• tamatiepuree
• tamatiesap
• tamatieskyf
• tamatieslaai
• tamatiesmoor
• tamatiesop
• tamatiesous
• tamatiestraat
• tamatievleis

Vertaling:
Engels: tomato
Nederlands: tomaat
Sotho: tamati
Zulu: utamatisi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlermuis
Volgende onderwerp: ystervark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:20:27 MGT 2024