tarentaal [boodskap #128335] |
Di, 12 November 2019 20:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tarentaal
Afbreking: ta•ren•taal
Selfstandige naamwoord: tarentaal
Meervoud: tarentale
Verkleinwoord: tarentaaltjie
Meervoud van verkleining: tarentaaltjies
Betekenis:
• 'n Hoenderagtige voël van die familie Numididae.
Gebruik:
• 'n Tarentaal het 'n kaal kop met 'n lel en wit kolletjies op die vere.
Sinoniem:
• koelmetat
• poelepetaat
• poelepetater
• poelmetaan
• poelpetaan
• poelpetaat
Vertaling:
Engels: guinea‐fowl, pintado
Nederlands: parelhoenders
Nota:
• Die snaakse volksname vir 'n tarentaal is uit Frans ontleen: "poule", hoender en "pintade", gespikkeld.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|