vonk [boodskap #128325] |
Ma, 11 November 2019 19:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vonk
Afbreking: vonk
Uitspraak: /vɔŋk/
Selfstandige naamwoord: vonk
Meervoud: vonke
Verkleinwoord: vonkie
Meervoud van verkleining: vonkies
Betekenis:
• Gloeiende deeltjies van 'n vuur wat in die lug rondvlieg.
• 'n Elektriese ontlading wat die lug ioniseer.
Gebruik:
• 'n Vonk van die kaggel het op die meubels beland.
• Toe hy die skakelaar aangesit, het hy 'n vonk by die prop gesien.
Afgelei:
• vonkbaan
• vonkloos
• vonkontsteking
• vonkprop
• vonkverdeler
• vonkvorming
• vonkvry
Vertaling:
Engels: spark
Nederlands: vonk
Werkwoord: vonk
Verlede tyd: het gevonk
Betekenis:
• 'n Vonk afgee.
Gebruik:
• Die motor se vonkprop wil nie meer vonk nie.
Vertaling:
Engels: to spark
Nederlands: vonken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|