Betekenis:
• 'n Besonder hewige storm.
• (figuurlik) Iets of iemand wat vinnig beweeg of verwoesting saai.
Gebruik:
• Rodepoort is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
• Dit lyk of 'n orkaan jou kamer getref het.
Spreekwoord:
• 'n Orkaan in 'n mishoop. ['n Groot gedoente oor niks.]
Sinoniem:
• sikloon
• tifoon
Vertaling:
Engels: hurricane
Nederlands: orkaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.